VIDEO: Vullisskande al erger by die dag

    Hierdie video oor die skandalige toestand van die munisipale stortingsterrein net buite Parys langs die Weiveld-pad is gister deur n inwoner gemaak.

    Parys Gazette het onlangs berig dat hope vullis reg voor die ingang na die terrein verhinder dat vullis op die terrein gestort word waar geen beheer oor die terrein deur die munisipaliteit is nie.

    Vullis lê vir kilometers ver weerskante van die pad wat daagliks deur motoriste gebruik word en ‘n baie ernstige gesondheids- en brandgevaar inhou.

    Inwoners sê dat naas die munisipaliteit se onwilligheid om die situasie reg te stel, vrees hulle om vullis na die terrein te neem omdat hulle letterlik toegesak word deur mense wat van die vullishope leef.

    Dit moedig die onwettige storting langs die pad aan ten spyte van borde wat storting langs die pad verbied.

    Die situasie stuur af op n ramp as die munisipale bestuur nie die erns hiervan begin besef nie,  sê inwoners.

    Latest Videos

    COMMENTS

    Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
    Top