VIDEO: Alweer droë krane en geen vloeimeters wat werk nie

    Vanoggend (28 Maart) was die tweede dag dat Parysenaars tevrede moes wees met droë krane.

    Hoewel die Ngwathe munisipaliteit sê daar is deur die nag water na die dorp se opgaardamme gepomp, was opgaardam nr. 3 maar 20% vol teen voreg vanoggend. Geen vloeimeters of uurmeters werk nie en is daar geen akkurate manier om te bepaal of munispale werkers wel deur die nag na die opgaardamme water gepomp het nie, sê DA rdl. Saal de Jager.Hy vind dit vreemd dat die watervlak juis nou  optel wanneer mense water gebruik.

    En terwyl Parys gereed maak vir sy eerste kunstefees wat van more 29 Maart tot 15 April in die dorp aangebied word en wyd geadverteer is ook in ander provinsies, het De Jager met inwoners se ontsteltenis gister oor die droë krane,  gesien hoe mega liters skoon water vermors is naby die 1912 pompstasie waar ‘n klep twee dae tevore oopgemaak is toe die munisipale tegniese span ‘n pyplek in Oranjestraat herstel het om druk te verlig. Ongelukkig is vergeet om die klep weer toe te maak. Die video is gisteroggend 09:00 gemaak toe De Jager op dié watervermorsing afgekom het.

    Toe Gazette vanoggend by die Ngwathe woordvoerder, mnr. Steve Naale, navraag gedoen het oor die waterprobleem is gesê dat die opgaardamme se watervlakke verbeter en dat daar samesprekings gevoer sal word met die Bestuurder van Water en Sanitasie. Hy het bevestig dat daar klagtes van die publiek ontvang is oor watertekorte.

    Latest Videos

    COMMENTS

    Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
    Top