Opinions

Verstik my die wals…

Liewe Persoon, Ek is bra versigtig vir drama (in enige vorm). En ja, ek weet: dit is ‘n vreemde bekentenis van ‘n oud-joernalis, gegewe die feit dat drama (en trauma) vir ‘n groot deel van my lewe ast’ware my brood en botter was. In die Namakwaland praat mense altoos van “fyntjies lopers“. Dit is nou…

Nuwejaarsvoorneme

Liewe Persoon, Die oujaar se lus is geblus en 2017 hang verlep rond saam met die faux fur trend van 2016. Ek gaan eerlik wees: ek is verlig. Verlede jaar was rowwer as Brixton op die vooraand van Guy Fawkes. Of nog erger: ‘n karsiek peuter wat hals oor kop in ‘n pak kaaskrulle ingeduik het. Die nuwe…

Afrikaans is ’n wonnerlike ding

  Wat beteken nosel? Dié van ons wat senior burgers is, sal dalk Chris Blignault se treffer onthou. O, die donkie. O, die donkie. Die donkie is ’n wonnerlike ding. Hy staan en dink waar die muishond stink. O, die donkie is ’n wonnerlike ding, ens. En dis toe my kleindogter vir my vra: “Oupa…

Beleggings en gerookte gordyne

    Liewe Persoon Het jy geweet as rook eers in jou gordyne ingetrek het, dan kan jy maar air freshner spuit tot die kalwers huis toe kom -dit help net mooi niks! Dit is amper so erg soos daardie berugte stofstorms van die Vrystaat wat ALLES vol sand los. Ek en die Juffrou het…

Hiep! Hiep!

Liewe Persoon, Pa verjaar môre. Hy sou 70-jaar oud geword het. Hy en ma sou ook so aan die 50ste huweliksherdenking begin raak. Maar ek het jou mos vertel, Pa is weg. En hy kom nie weer terug nie. Ons gaan nie vroegoggend bel en al die versies – ja, tot dié wat ons self…

Confessions van ‘n klotter-Klaas

  Liewe Persoon Ek is ‘n klotter-Klaas. Daar is dit nou: ‘n openbare bekentenis. Ek confess.  Miskien het ek hulp nodig. Miskien? Ja en nee. Ja, want om te verhuis is vir ‘n klotter-Klaas erger as om ‘n tand te laat trek. Dit is kompleet asof jy (mede klotter-Klaas) hulpeloos – soos ‘n lam ter…

Die treurmare van loperige tamatiesous

Liewe Persoon Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe wanneer jy moet opstaan vir dit waarin jy glo. Party mense verwys na dit as wysheid. Ander sien dit as arrogansie.  Die sulkes wat reeds oor dié gawe beskik meen dit is salig. Ek en ‘n paar ander people pleasers droom van die dag dat…

Die agtersitplek van die rooi Skyline

Liewe Persoon Ek sal enigiets gee om net vir oulaas weer ‘n draai in Pa se rooi Skyline te ry. Om weer op die agtersitplek saam met Pilletjie en die Juffrou te sit – al baklei ons soos kat en hond oor wie in die middel moet sit. Onthou jy die rooi Skyline. Ons het…

Welkom in Parys (3)

’n Mens hoor en lees en sien oor die televisie aanhoudend van diensleweringproteste. Nou ja, munisipale dienslewering is ’n wye begrip en loop deur elektrisiteit, water, skoonmaakdienste, onderhoud van paaie, sypaadjies, parke en wat nog meer. Maar ek wil dit hier hê oor administrasie en nie die onderhoud van die omgewing nie. Nadat die prokureurs…

Oor ruiters, ridders en rillings

Liewe Persoon, Wat gaan ek doen? Iewers daar buite is ‘n ridder op ‘n witperd oppad hierheen, en ek is banger vir ‘n perd as vir die badkamerskaal. Trues bob! Perde gee my die rillings. En met ‘rillings’ bedoel ek nou nie dat ek gril nie, maar eerder dat ek op ‘n (baie) verkeerde manier…

Welkom in Parys

In die droë weste van ons land praat hulle van Inkommers. Dis die mense wat nie daar gebore is en grootgeword het nie, maar later daarheen verhuis het. En in die barre westeland hou hulle dikwels met ’n  glimlag dop hoe die inkommer sal inpas en aanpas. Soms waai hulle sommer gou, maar daar is…

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top