Blogs

Uit my dagboek: Pappa se seun: Nou is daar twee!

Teen dié tyd volgende jaar, het Aiden ’n sussie of ‘n boetie. Aiden wys vir almal sy “boetie” hemp Teen dié tyd volgende jaar, het Aiden ’n sussie of ‘n boetie. Hy is baie opgewonde. Daar is al van sy klere en speelgoed wat hy uitgesit het vir die nuwe baba. Alhoewel, toe ek hom

Van ma se kos tot “Ma, hoe maak ‘n mens rys?”

  Die aanpassing van die veilige hawe wat jou ouerhuis is tot die mallemeule van “volwasse” wees. Na skool gaan elke oud-Matriek op hul eie pad, of dit nou Universiteit of ‘n werk is, is daar verskeie aanpassings waar deur jy moet gaan. Ek het die voorreg gehad om altyd ‘n bord tuisgemakte kos by

Uit my dagboek: Pappa se seun: Aiden kry ’n nefie

Die lang wag vir Aiden se nefie is uiteindelik verby. Owen Wetdewich het op 4 Mei sy verskyning gemaak. ‘n Gesonde 3.6kg baba wat al klaar Aiden se gunsteling persoon is. Aiden saam met sy tannie Jo-Ann en sy nuwe nefie, Owen. Die lang wag vir Aiden se nefie is uiteindelik verby. Owen Wetdewich het

Uit my dagboek: Pappa se kind: Die hande is nie veilig nie

Aiden sal maar moet sokker speel. Aiden en Harley Hy het ‘n goeie skopvoet, wat my laat dink hy kan dalk ’n sterk losskakel wees, maar sy hande wil nie saamwerk nie. Op die oomblik kan hy net nie vang nie, keer op keer tref die bal hom in die gesig of bons van sy

Uit my dagboek: Nuwe Pa;Hoekom eet kinders alles?

Oor die algemeen druk kinders alles in hulle monde. Aiden het al klippe, gras, blomme en grond in sy mond gedruk. Elke keer as hy buite toe gaan vind hy iets nuuts om te “eet”. Ek verstaan dit glad nie, hy sal grond eet maar wanneer dit kom by Avokado of ’n ander soort groente, dan trek hy sy neus op. Soms dui hy aan dat hy versadig is, net om tien minute later ’n handjievol gras in sy mond te sit.

Uit my dagboek: Nuwe pa: Pasop wat jy voor jou kinders sê – Potchefstroom HeraldUit my dagboek: Nuwe pa: Pasop wat jy voor jou kinders sê

As jy nie wil hê jou kind moet vloek nie, moenie voor hom vloek nie. Maak asseblief tog ook seker dat hy nie saam met jou na die Springbokke se wedstryde kyk nie. Ek en Aiden het onlangs die Springbokke se wedstryd teen die Wallabies gekyk. Die eerste helfte was dit net “go Bokke go” wat Aiden al te lekker agter my aangesê het. Maar teen die tweede helfte het die vloekwoorde een na die ander ingekruip. Sonder dat ek agterkom, het hy die ook opgetel. Die versie het verander van “go Bokke go” na, wel mens kan net indink wat gesê is toe die Bokke begin spoed verloor. Ek dink nie hy weet wat hy sê nie, maar toevallig na ek een keer vir Eben Etzebeth geskel het, het hy elke keer vir arme Eben geskel as hulle hom wys.

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top