School

Nou’s dit Vrystaat-kampioenskappe!

Twee en twintig atlete van Parys Primêre skool is gekies vir die Noord-Vrystaat atletiekspan wat Saterdag in Bloemfontein aan die Vrystaat-kampioenskappe sal deelneem. Die atlete is Anika Botes wat ook as die beste o.9 dogtersatleet vir die dag aangewys is, Johanka de Villiers, Roanri Hendriks, Mari Potgieter, Mieke Potgieter, Jané Esterhuizen, Dené van Zyl, Ingemar…

Nou wag VS Interhoër

Sewentien atlete van Hoërskool Parys kon spog met eerste, tweede en derde plekke na afloop van die Fezile Dabi atletiekbyeenkoms wat op 14 en 15 Februarie in Sasolburg gehou is. Eerste plekke is behaal deur Dillon le Roux (so.14 gewigstoot), Leanke van der Westhuizen (do.15 hoogspring en gewigstoot), Lehakwe Phumo (so.15 100m en 200m), M0sa…

Hoërskool Parys se VRL vir 2018

Hoërskool Parys se gr 8-11 Verteenwoordigende Raad van Leerders vir 2018 is voor van links: Bradley Swart, Dian Knol en Brendan Maloney. In die tweede ry van links is Thabo Moreboli, Georgia Eliades, Petrus-Louw van Rhyn, Marizanne Brits, Schalleney Botha en Franlie Zabilski. In die derde ry is Lili Meyer, Anli van Huyssteen, Esmari Griesel,…

Hoërskool swemmers presteer by Noord-Vrystaat swemliga

Estevan Fouché  en Amé van Wyk het op 5 en 6 Februarie aan die Noord-Vrystaat Hoërskole swemliga deelgeneem. Amé het vir dogters 15-16 jaar tweede plekke met silwermedaljes verower in die 50m vryslag, 200m IM, 50m vlinderslag, 100m vryslag en 100m vlinderslag onderskeidelik, terwyl Estevan in die afdeling vir seuns 17 tot 19 jaar eerste…

Dis kleuresport by Hoërskool Parys

Atlete het sommer vroegoggend al begin om sake uit te spook op die atletiekbaan van die Hoërskool Parys vir die jaarlikse kleuresport atletiekbyeenkoms. Die veldtitems is gister afgehandel en vandag is die baanitems aan die beurt gewees.

Leadership Camp opportunity now available

The Rotary Youth Leadership Awards (Ryla) camp provides leadership, citizenship and personal growth training experiences for potential leaders. Rotary’s closest 2018 Ryla camp will be held at On Track Adventures on a farm close to Hobhouse in the Free State from Thursday 1 March to Sunday, 4 March. The host this year, the Rotary Club…

En so begin die eerste skooldag….

By die meeste skole en kleuterskole waar Gazette vandag aangedoen het op die eerste skooldag vir Vrystaatse leerlinge, het dinge seepglad verloop. Klasse is vol maar by meeste skole was daar nog ouers wat inskrywings kom doen het. Hoewel ‘n eerste skooldag deurmekaar kan wees, was al die kinders met wie daar gesels is baie…

Bykans dubbel die leerlingtal vir Dome Primary

Skaars ’n  jaar nadat die Dome Primary skool sy deure in Parys geopen het, is die leerlingtal van dié skool reeds bykans verdubbel. Die skool begin met 140 inskrywings vir 2018 nadat daar vanjaar afgesluit is met 68 leerlinge. Daar is ook reeds ’n  waglys van 20 leerlinge vir 2018. Verlede week is nog 4…

3 Meriete-toekennings vir Parys-atlete

Terwyl meeste Vrystaatse leerlinge luilekker by die huis rus, word daar steeds hard gewerk op die atletiekbaan. Drie en twintig atlete van Parys het van 6 tot 9 Desember die Vrystaat Skole atletiekkursus bygewoon saam met atlete van ander provinsies. Baie is geleer en hulle is slaggereed vir die 2018-atletiekseisoen. Tydens die kursus is meriete-toekennings…

Ons het die gees…in rooi, geel en blou

Kyk net die kleurvolle dirigente van vanoggend se kleuresport atletiekbyeenkoms van die Parys Primêre skool. En dis die geles wat die meeste gees gehad het en die bloues wat met die meeste punte kon wegstap. Dié foto’s gee ‘n kykie van die dirigente-pret.

Parys-seun ingesluit in SA Hoërskool gholfspan

Charles Pieterse is in die SA Hoërskool Gholfspan ingesluit na afloop van die Rustenburg-toernooi wat gedurende die September/Oktober-skoolvakansie gespeel is. Hulle het Sondag 15 Oktober by die Centurion Country Club teen Tukkies se Universiteitspan gespeel. Charles is ’n  leerling van Hoërskool Parys.

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top