School

Ons het die gees…in rooi, geel en blou

Kyk net die kleurvolle dirigente van vanoggend se kleuresport atletiekbyeenkoms van die Parys Primêre skool. En dis die geles wat die meeste gees gehad het en die bloues wat met die meeste punte kon wegstap. Dié foto’s gee ‘n kykie van die dirigente-pret.

Parys-seun ingesluit in SA Hoërskool gholfspan

Charles Pieterse is in die SA Hoërskool Gholfspan ingesluit na afloop van die Rustenburg-toernooi wat gedurende die September/Oktober-skoolvakansie gespeel is. Hulle het Sondag 15 Oktober by die Centurion Country Club teen Tukkies se Universiteitspan gespeel. Charles is ’n  leerling van Hoërskool Parys.

PCS presteer by Eisteddfod

Parys Christelike Skool se Eisteddfod leerlinge het baie goed presteer by die 2017 Vaaloewer-kunswedstryd. Hier is hul afrigter, juffrou Marion du Toit saam met Janke Burger (A+), Hané Koen (A), Jadrick du Plessis (B+) en Miané Botes (B+). Agter is Conner Barrow (A++ vir 3 kategorieë) en Anja Burger (B+).

HELPING YOUR CHILD DEVELOP STUDY STRATEGIES FOR LIFELONG ACADEMIC EXCELLENCE

      Parents and guardians can, and should, help their young children develop good study habits from an early age, to help them achieve academic excellence throughout their school years and beyond, an education expert says.   “In primary school, learners will start bringing homework assignments from school, and be required to study for…

Hoërskool Parys se leiers

Baie geluk aan die Hoërskool Parys se nuut gekose leiers vir 2017/2018.

Speel vir Cheetah-span by provinsiale toernooi

Leanke van der Westhuizen, Mirisca Smit, Dineo Marumo en Tebogo Lesenyeho het die afgelope skoolvakansie as deel van die Cheetah-span aan ’n  provinsiale netbaltoernooi in hul onderskeie ouderdomsgroepe deelgeneem. Al vier is leerlinge van Hoërskool Parys.

Naelbyt-stryd vir Parys in Virseker-kwartfinaal

Parys se eerste rugbyspan moes die afgelope naweek in ’n naelkou stryd net-net die knie buig voor Allen Glen (Roodepoort) in die Virsekerbeker (ou Beeld-trofee) kwartfinaal. Die eindtelling was 26-27. Ongeag die uitslag – steeds ’n skitterende prestasie vir ’n plattelandse skool wat teen heelwat groter skole moes meeding in die liga, en vanjaar ook…

Twee kry nasionale toekenning

Die kroon op baie jare se volharding en toewyding is gespan vir twee Voortrekkers van die Parys Kommando wat pas hul Nasionale Presidentverkennertoekenning geslaag het. Hulle is Thomas Conradie en Jani Keet, albei leerders van die Hoërskool Parys. Lede van Die Voortrekkers in graad 12 verwerf die Nasionale Presidentsverkennertoekenning nadat hulle, eerstens aan sekere vereistes…

Eerstespan verdedig weer sy Valke-liga titel

Die eersterugbyspan van Hoërskool Parys speel Saterdag 29 Julie in die finaal van die Valke-liga op die Isak Steyl Stadion in Vanderbijlpark wanneer hulle teen Belvedere van Benoni te staan kom. Dit beteken dat die eerstespan vir die vierde agtereenvolgende jaar hul titel sal verdedig. Hoërskool Parys se eerstespan is reeds in 2014, 2015 en…

Parys Christelike Skool se toppresteerders

  Parys Christelike Skool se Graad R Blouskoolbus top akademiese presteerders vir die eerste kwartaal is Joalize van der Westhuizen, Abigail du Preez en Kiana Pretorius. Die Graad R Rooiskoolbus top presteerders is van links Tessa Barnard, Jasmaine Rust en Rihané Benade. Die Graad 1 uitblinkers is Tehya Kleynhans, Aniek Onderweegs en Haley de Jager….

Parys leerders wen Minquiz

Drie matriekleerders, Liza Taljaard, Thomas Conradie en Jean Myburgh het verlede week aan die jaarlikse Minquiz kompetisie deelgeneem. Hierdie kompetisie word aangebied deur Mintek en is vir leerders wat Fisiese Wetenskap as vak het. Die drie Parys-leerders het die skole-kompetisie gewen en Jean Myburgh het deurgedring na die nasionale kompetisie. Hierdie is ’n  besondere prestasie…

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top