Photo Galleries

Parys se rolbalspelers gereed vir naweek se kragmeting

Ná ’n  baie teleurstellende vertoning deur die Parys-rolbalklub in die Noordwes Rolbal Parekampioenskap, toe geen span ’n  seksie kon wen nie, is die klub nou behoorlik oorgehaal en gereed vir Saterdag se Noordwes Rolbal Driespel-kampioenskap wat op die bane van La Farge, PCC en Klerksdorp gespeel word. Parys het drie mansspanne en twee vroue spanne…

Dis kleuresport by Hoërskool Parys

Atlete het sommer vroegoggend al begin om sake uit te spook op die atletiekbaan van die Hoërskool Parys vir die jaarlikse kleuresport atletiekbyeenkoms. Die veldtitems is gister afgehandel en vandag is die baanitems aan die beurt gewees.

Kom skiet saam met dié uitdagende skole-sport

Luggeweer skiet oefening by Hoërskool Parys het reeds weer begin. Oefening is Dinsdae en Donderdae om 17:15 in die Hoërskool saal. Kom neem deel aan hierdie baie uitdagende skole-sport. Vir meer inligting skakel vir André van Zyl by 082 923 8901. Op die foto is twee van die skool se skuts reeds hard aan die…

Meer as 5 uur se sweeftuig-vlug vir dié twee vlieëniers

Twee vlieeniers van die Whispering Wings Gliding Club het op 14 Januarie vanjaar dit reggekry om vlugte van langer as 5 uur te voltooi. Albei probeer in die proses kwalifiseer vir die gesogte Silwer C toekenning. Mark Pretorius en Tony Neerings het albei ongeveer 13:00 opgestyg by die Parys-vliegveld. Die weer was perfek, maar omdat…

Dagboek dié skietdae

Dagboek sommer nou reeds die byeenkomste en skietgeleenthede van die SAJWV Olienhout-tak in Parys: 24 Januarie – Algemene jaarvergadering 6 Februarie – Handwapen skiet (Sons of Guns) 17 Februarie – Geweer skiet, Ballistic Beast-skietbaan (ou Kommando-skietbaan) by die Parys-vliegveld. Inskrywings kan vanaf 07:00 gedoen word. 6 Maart – Handwapen skiet (Sons of Guns) 17 Maart…

Leadership Camp opportunity now available

The Rotary Youth Leadership Awards (Ryla) camp provides leadership, citizenship and personal growth training experiences for potential leaders. Rotary’s closest 2018 Ryla camp will be held at On Track Adventures on a farm close to Hobhouse in the Free State from Thursday 1 March to Sunday, 4 March. The host this year, the Rotary Club…

En so begin die eerste skooldag….

By die meeste skole en kleuterskole waar Gazette vandag aangedoen het op die eerste skooldag vir Vrystaatse leerlinge, het dinge seepglad verloop. Klasse is vol maar by meeste skole was daar nog ouers wat inskrywings kom doen het. Hoewel ‘n eerste skooldag deurmekaar kan wees, was al die kinders met wie daar gesels is baie…

Karateklub sluit ná 15 jaar

Dié studente van die plaaslike Budokaie Karateklub het op 16 November 2017 hul graderings geslaag. Voor is Christopher Furlong, Adriaan Freislich, Franco Pretorius en Jody Coetzee. In die tweede ry is Nico van der Merwe, Casey Joubert, Zack Pieterse, Juan-Mari Joubert en Cindy Pearson. Agter is sensei Estelle Joubert, Shihan Kobus Grobler en Shodan Sonja…

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top