Gaan kyk die “Craven week” van Sewes in Potchefstroom vandag

Gimmies se Giovanni Pestana is in die Luiperds se sewesspan vir die SA Interprovinsiale toernooi ingesluit. Die toernooi vind vanaf 28 tot 29 September by die Fanie du Toit Sportgronde in Potchefstroom plaas. Giovanni is 'n Parysenaar. Foto: Wouter Pienaar

Sestien spanne neem aan die toernooi deel, met die Westelike Provinsie en die Leeus wat as die gunstelinge beskou word.
Die Luiperds sal as die tuisspan ook hulle naam gestand wil doen en hulle het beslis genoeg talent om met die groter unies te kompeteer. Daar is twee Potchefstromers in die Luiperd-span. Hulle is Gimmies se Giovanni Pestana en Billy Jacobs. Ander spelers om dop te hou is die flinkvoetige Isrome Phatudi van Klerksdorp Hoërskool en Lichtenburg se Ruben Oosthuizen.
Die groep uitspeelwedstryde vind Vrydag 28 September plaas en die eindstryde Saterdag 29 September. Die bekereindstryd skop om 12:50 op die Fanie du Toit se A-veld af.
Die Luiperds speel hulle eerste wedstryd Vrydag teen die Goue Leeus om 10:50. Die Luiperds speel dan om 13:30 teen die Vrystaat voordat hulle om 16:30 die laaste wedstryd van die dag teen Griekwas speel.
Luiperd-span:
Mosa Matonyane (Hoërskool Wesvalia), Isrome Phatudi (Klerksdorp Hoërskool), Goodwill Nchocho (HTS Klerksdorp), Lebo Tokholi (HTS Klerksdorp), Giovanni Pestana (Potchefstroom Gimnasium), Richard Champion (Hoërskool Lichtenburg), Ruben Oosthuizen (Hoërskool Lichtenburg), Leander Wiese (Klerksdorp Hoërskool), Dirkie Pretorius (Hoërskool Wagpos), Aubrey Reynecke (Hoërskool Lichtenburg), Billy Jacobs (Potchefstroom Gimnasium) en Wimpie Venter (Hoërskool Lichtenburg).

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top