Só het Parys karate-studente by VS kampioenskappe gevaar

Dertien studente van die Parys Sansei Goju Ryu Dojo in Parys, het die afgelope naweek aan die Vrystaat kampioenskappe deelgeneem waar ’n  totaal van 38 medaljes gewen is. Hiervan was 17 goud, 13 silwer, 8 brons en ’n trofee.

Voor van links is Ewan Vorster (silwer kata, silwer kumite, goud bladed kata, brons points fighting), Liam Claasen (brons kata), Janke Burger (brons kata, brons wooden kata en die trofee vir die mees ambisieuse student) en Tiaan van Barneveld (goud kata en goud wooden kata). In die tweede ry is Nico van der Merwe ((silwer kata, brons wooden kata, goud bladed kata), Matteo van Eeden (brons kata, goud kumite, silwer wooden kata), Hendrik Beukes (goud kata, goud wooden kata en brons bladed kata), Riko Vorster (goud kata, goud wooden kata, goud kumite, goud points fighting) en Deacon Fourie (silwer kata, silwer wooden kata, silwer bladed kata, brons kumite en silwer points fighting).  Agter is Nathan Cilliers (goud kata, silwer kumite, goud wooden kata, goud bladed kata), Kai Koekemoer (silwer points fighting), Franzelle Kruger (silwer kata, goud kumite, silwer wooden kata en goud bladed kata), sensei Marjorie Opperman (goud kata, silwer bladed kata) en sensei Roelien Vorster. Sensei Roelien en Renshi Petro Nel het as beoordelaars opgetree by die kampioenskappe.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top