Marné maak naam by Talent America

Marné Prinsloo het gesorg dat sy alles behalwe leë hande huis toe kom ná haar deelname aan Talent America in New York.

Marné het geskitter met ’n eerste plek vir Country, ’n derde plek vir Inspirational met haar “Vocal” inskrywing, en tweede plekke vir Broadway, Pop en R & B.

Vir haar dramastuk, “Beauty or Brains”verower sy nog ’n tweede plek en staan dan kop en skouers uit as die algehele wenner in die “Headshot” kategorie. En om die kroon vir Marné te span het sy twee “call backs” en onderhoude met Barry Shapiro van Herman Lipson Castings, asook Gary Bertalovitz Images Nyc, gehad.

Dankie aan die Parys gemeenskap wat haar ondersteun en bygedra het om Marné se deelname moontlik te maak. Spesiale dank aan Henk Bezuidenhout vir haar voorbereiding en professionele afrigting, en Shawn Ashcroft van Talent Africa en sy span wat haar in Amerika bygestaan het. Marné is ’n leerling van Hoërskool Parys.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top