Messias kom na Vredefort!

Al is die teiken van 200 verkoopte kaartjies teen einde April nog nie
bereik nie, is heelwat plekke reeds verkoop. Die uitvoering sal dus plaasvind, en die
organiseerders maak staat op goeie verkope in die volgende twee weke sodat die koste van die
konsert gedek kan word.
Die Messias van Händel is een van die mees bekende werke vir koor en orkes en word
dikwels uitgevoer, meestal om Paasfees en Kersfees. Die bekende Hallelujakoor vorm een
van die dele van hierdie werk, wat vir orkes, koor en vier sangsoliste geskryf is. In die
komende uitvoering lei die bekende barokvioliste Antoinette Lohmann van Amsterdam die
orkes.
Kaartjies kan  bespreek word by Gerhard Benade, verkieslik per epos aan
gerhard@deelfontein.co.za, of andersins per sms aan 083 280 9784. Persone wat wil help om
kaartjies te verkoop, kwalifiseer met elke 10 verkoopte kaartjies vir een gratis kaartjie. Kontak
Gerhard vir besonderhede.
Die Messias word op 19 Mei om 18:30 deur die Ensemble Fons Partita in die NG Kerk
Vredefort uitgevoer. Toegang R100 per persoon. Inligting op www.deelfontein.co.za.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top