Só het Parys Primêr by SA’s gevaar

Die Parys-atlete by die SA-kampioenskappe saam met Annie Marais van Parys Primêre skool. Die atlete is Benjamin Bester, Gert Broodryk, Janri Hendriks, Ingemar Fouché, June Roode, Lana Burger en Johanka de Villiers.

In hul onderskeie ouderdomsgroepe behaal Janri Hendriks ’n vyfde plek vir diskusgooi, Ingemar Fouché ’n agtste plek vir diskusgooi en ‘n 17de plek vir gewigstoot, Gert Broodryk ’n  9de plek vir die 200m hekkies en ’n  15de plek vir die 80m hekkies, en Benjamin Bester ’n  14de plek vir diskusgooi.
Lana Burger was 14de in haar verspring-item, June Roode 14de in hoogspring, en Johanka de Villiers 8ste in die 1 200m.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top