Eerste gratis sportkanaal vir SA

Foto: Bosveld Review

Kwesé Free Sports sal van Vrydag af op OpenViewHD kanaal 110 beskikbaar wees as die eerste gratis sportkanaal vir Suid-Afrikaners.

Die kanaal sal hoofsaaklik sport uitsaai uit die res van Afrika sowel as groot sporttoernooie.

Cosatu het vroeër gesê nasionale sport moet die hele nasie inspireer en dat rugbywedstryde nie net op betaaltelevisiekanala uitgesaai moet word nie maar ook op gratis kanale.

Dit is nog nie seker hoeveel Suid-Afrikaanse sport op Kwesé Free Sports uitgesaai sal word nie.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top