Summier selle toe oor sperstreep is snert

police,saps

Illustration photo
Die betrokke stemboodskap, wat deur verskeie mense ontvang is, waarsku dat daar reeds mense sonder keuse van ’n boete hieroor in hegtenis geneem is.
Volgens Malcolm Grimbeek,  van die Potcheftroomse munsipale verkeersafdeling, is die waarskuwing nie heeltemal akkuraat nie.
“Dit hang af hoe roekeloos die persoon bestuur het. In geval van so ’n inhegtenisname word klagtes gewoonlik bygevoeg soos onder meer onbedagsame en roekelose bestuur,” het hy gesê.
Later het ’n senior aanklaer ook ’n stemboodskap gestuur wat die bewerings as onwaar bestempel.
Hy voer aan dat enige verkeers- of polisiebeampte hulle diskresie moet gebruik of hulle ’n persoon in hegtenis wil neem vir ’n verkeersoortreding.
Volgens hom is die normale praktyk om ’n boete uit te reik van tussen R1 000 – R1 500 wanneer iemand ’n sperstreep verontagsaam.
“’n Persoon kan wel in hegtenis geneem word wanneer daardie persoon ’n sperstreep op ’n roekelose wyse in aankomende verkeer, of op ’n blinde hoogte verontagsaam,” sê hy.
Hy het dit duidelik gestel dat dit nie ’n wet is dat enige persoon wat op ’n sperstreep verbysteek summier toegesluit gaan word nie.
“Ek wens die mense wat hierdie boodskappe stuur wil dadelik ophou, dit skep paniek by die publiek en dit is van alle waarheid ontbloot,” het die aanklaer gesê.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top