Blitsig in die water

Van links is Bianke Pienaar, Jané Esterhuizen, NIrene van der Watt Bay-linn Oelofse en SW van der Watt. Zandré van Riet was afwesig tydens die neem van die foto.

Leerlinge van Parys Primêre skool het op 1 Maart aan die Vrystaat Inter skole-swemgala in Bloemfontein deelgeneem waar skitterende uitslae behaal is. Nirene van der Watt verower sesde plekke  in die 100m rugslag,  50m rugslag 100m kruipslag en 50m kruipslag. Zandré van Riet verower ‘n dertiende plek vir 50m borsslag, ‘n vyfde plek vir 100m borsslag en ‘n derde plek vir 200m borsslag. SW van der Watt het ‘n dertiende plek behaal vir 100m borsslag, en Jané Esterhuizen ‘n negende plek vir 50m kruipslag, sewende plek vir 100m borsslag en ‘n derde plek vir 200m borsslag. Bianke Pienaar was vyfde in die 50m rugslag negende in die 100m rugslag en tweede in die 200m rugslag. Bay-linn Oelofse kon spog met ‘n vyfde plek vir die 100m vlinderslag ‘n sesde plek vir 100m kruipslag, agtste plek vir 50m vlinderslag en vierde plek vir die 50m kruipslag.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top