Nou wag VS Interhoër

Sewentien atlete van Hoërskool Parys kon spog met eerste, tweede en derde plekke na afloop van die Fezile Dabi atletiekbyeenkoms wat op 14 en 15 Februarie in Sasolburg gehou is. Eerste plekke is behaal deur Dillon le Roux (so.14 gewigstoot), Leanke van der Westhuizen (do.15 hoogspring en gewigstoot), Lehakwe Phumo (so.15 100m en 200m), M0sa Ramakonopi (so.17 driespong), Reese Thompson (do.14 hoogspring en Zuan van Heerden (so.16 skyfwerp). Hierdie atlete neem op 2 en 3 Maart aan die Vrystaat Interhoër deel. Baie sterkte – Parys hou styf duim vas.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top