Hoërskool swemmers presteer by Noord-Vrystaat swemliga

Estevan Fouché  en Amé van Wyk het op 5 en 6 Februarie aan die Noord-Vrystaat Hoërskole swemliga deelgeneem. Amé het vir dogters 15-16 jaar tweede plekke met silwermedaljes verower in die 50m vryslag, 200m IM, 50m vlinderslag, 100m vryslag en 100m vlinderslag onderskeidelik, terwyl Estevan in die afdeling vir seuns 17 tot 19 jaar eerste plekke met goue medaljes verower het vir die 100m rugslag en 50m rugslag onderskeidelik, ’n  tweede plek met silwer vir 50m vlinderslag, en 5de plekke vir die 100m vryslag en 50m vryslag onderskeidelik. Albei is leerlinge van Hoërskool Parys.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top