Langasems gee hul beste

Marcelle Alborough wat ’n persoonlike beste tyd in die 21km Berts Bricks padwedloop gehardloop het.

Langafstand atlete van Parys het op 20 Januarie aan die 10 en 21km  Berts Bricks-padwedloop in Potchefstroom deelgeneem.
Wiede de Klerk het haar persoonlike beste tyd gehardloop met 1.34.50 en was die tweede vrou oor die wenstreep vir die 21 km. Marcelle Alborough het in die 21km ook ’n  persoonlike beste tyd kon aanteken met 1.46.30.
Lorette Pretorius voltooi die 21km wedloop in 1.45.20, Rocco Pretorius se tyd was 1.46.50 en Karel Marais maak klaar in 2.08.
Die 10km is voltooi deur Annemi Beukes (47 minute), Rossouw Muller (63 minute) en Sumari Muller (63 minute).
Elize Kempen het in Pretoria 3de in haar ouderdomsgroep geeïndig by die PWC-wedloop. Haar tyd was 2.12 minute. Geluk aan al dié atlete.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top