Likkewane sorg vir heelwat medaljes ná skole liga kragmeting

Roeiers van die Likkewaan-kanoklub wat met die skitter-prestasies kon spog, is voor van links Izania van Sandwyk, Denise Stoltz, Wian Prinsloo, Marco van Sandwyk en Lynton Oelofse. Agter is Abigail Bezuidenhout, Megan Oelofse, Sean van Pletzen, Nicolas Prinsloo, Ruan van Pletzen, Jo-Ane Prinsloo en Veronica Stoltz.

Skole-roeiers van die Likkewaan-kanoklub het op Sondag 21 Januarie kon spog met uitmuntende prestasies na afloop van die eerste skole liga wat by Wemmer Pan gehou is.
Parys Primêre skool kon in die kategorie vir Primêre skole wegstap met die tweede plek met 94 punte, terwyl Hoërskool Parys geskitter het met ’n eerste plek vir Hoërskole met 164 punte.
Die Likkewaan-kanoklub het ’n tweede posisie ingeneem met 284 punte.
Die individuele prestasies van die Likkewane was as volg: Wian Prinsloo (so.8 twee goue medaljes), Izania van Sandwyk (do.10 twee goue medaljes), Denise Stoltz (do.12 drie goud) Lyton Oelofse (so.12 drie goud), Marco van Sandwyk (so.12 brons), Jo-Ané Prinsloo (do.14 drie goue medaljes), Megan Oelofse (do.16 drie goue medaljes), Abigail Bezuidenhout (do.16 twee silwer en 1 brons), Veronica Stoltz (do.16 twee brons en ’n silwer, Ruan van Pletzen (so.16 goud en 2 silwer), Nicolas Prinsloo (so.16 twee goue medaljes) en Sean van Pletzen (so.18 twee goud en 1 silwer).
Die volgende kragmeting vir die Likkewane is op Sondag 25 Februarie by Victoria Lake in Germiston.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top