Meer as 5 uur se sweeftuig-vlug vir dié twee vlieëniers

Twee vlieeniers van die Whispering Wings Gliding Club het op 14 Januarie vanjaar dit reggekry om vlugte van langer as 5 uur te voltooi. Albei probeer in die proses kwalifiseer vir die gesogte Silwer C toekenning.
Mark Pretorius en Tony Neerings het albei ongeveer 13:00 opgestyg by die Parys-vliegveld.
Die weer was perfek, maar omdat hulle eers so laat kon wegspring, was daar twyfel of die poging moontlik sou wees. Albei het egter net na 18:00 veilig geland en die oomblik met sjampanje gevier.
Mark het met n Ka8 vliegtuig van die laat 1950’s, en Tony met ’n Cirrus gebou in die 1990’s, gevlieg. Gedurende die poging het Mark ongeveer een uur reguit gevlieg en vier ure lank 360 grade draaie gemaak. Hy het ongeveer 400km afgelê en meer as 400 keer 360 grade sirkels gemaak in sy poging om te klim en hoogte te behou.
Sweeftuie vlieg sonder enjins en klim net met warm lug wat opgaan.
Die Whispering Wings Gliding Club is al meer as veertig jaar aktief by die Parys-vliegveld. Vliegopleiding is van die beste in Suid Afrika. Daarvan getuig ’n skoon veiligheidsrekord. Opleiding is goedkoop en sweeftuie word as ’n uitstekende intree stap tot die lugvaardindustrie beskou.
Leerders van Parys Hoërskool wat belangstel om te leer vlieg is welkom. Leerders vanaf graad 10 kan kontak maak vir ’n intree vlug. Die vliegskool het 4 instrukteurs en ’n baie omvattende interessante opleidingsproses word gevolg. Tans is JC van der Westhuizen van Hoërskool Parys een van die studente.
Enigiemand wat ’n vlug wil meemaak, as student of sommer net, is welkom om die klub te skakel. Vlugte is op Sondae vanaf ongeveer 12:00. Vir meer inligting skakel Evert Stry-dom 082 550 7856, Neil Viljoen 083 304 7652 of Mark Pretorius 083 7010 493 (rdcon@telkomsa.net)

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top