Kinder-Kersbederf danksy oop harte

Die potjies het geurig van vroegdag geprut, Kersvader en sy elwe was gereed en die sangpaar Willie en Natasha Joubert was op die verhoog op die laerskool sportterrein waar nagenoeg 300 kinders na hartelus kon baljaar. ’n Kinder Kerskarnval vir hulle wat minder het wat op hierdie dag ook die vreugde van Kersfees kon beleef danksy soveel harte en hande wat oop was om van hierdie dag ’n dag te maak wat kinderhartjies nie gou sou vergeet nie.
Volgens Zelda Smuts van Caring Daisies Parys, en Eliska Rencken, is daar gefokus op kinders in Parys van 0 tot 12 jaar, en hul gesinne. Daar is piekniek gehou en baljaar op waterglybane en springkastele, maar toe Kersvader uiteindelik oor die etensuur sy opwagting maak, was al die kinders bymekaar met ogies vol verwagting. Elkeen het ’n  geskenkie ontvang soortgelyk aan die Santa Shoe Box-projek.
Daar is ook Bybels uitgedeel deur die Gi-deons aan die ouer kinders, en daarna kon gesmul word aan die potjies wat met baie liefde vir die gesinne vir die dag voorberei is. Geen moeite is ontsien om by te dra vir hierdie besondere dag nie, en daarvoor sê die organiseerders opreg baie dankie – elke bydrae hoe groot of klein ookal het in hierdie kinderhar-tjies en vir hul gesinne ’n verskil gemaak. Name is té veel om uit te sonder, maar sonder elkeen van hierdie bydraes sou ’n bederfdag vir hulle wat minder het, eenvoudig nie moontlik wees nie.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top