Voortrekkers beloon met Ossewa-toekenning

Parys Voortrekkerkommando se Ossewa-toekenning vir hoërskoolleerlinge is tydens die kommando se prysuitdeling en afsluitingsgeleentheid aan Jani Keet, Chamoney Crafford en Thomas Conradie oorhandig. By Jani en Charmoney is Miemmie Crafford (links) en Dawn Rall (regs) wat die toekenning aan hulle oorhandig het. Thomas was afwesig met die neem van die foto.

Parys Voortrekkerkommando se Ossewa-toekenning vir laerskoolleerlinge is aan Jessica Marais, Kaylyn Vertenten, Carla Viljoen en Anné Krüger oorhandig deur Christa Human (links) en Dawn Rall

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top