Potchefstroom kunstenaars staan saam vir Eikelaan

Die groep van stads-en streeksbeplanning wie se projek die beste gedoen het is vlnr: Ruandro Minnaar, Zené Combrinck, Burné van Zyl, Mohammed Dambha en Virginia Ledingwane. Mandri Viljoen kon nie die geleentheid bywoon nie.

Die groep van stads-en streeksbeplanning wie se projek die beste gedoen het is vlnr: Ruandro Minnaar, Zené Combrinck, Burné van Zyl, Mohammed Dambha en Virginia Ledingwane. Mandri Viljoen kon nie die geleentheid bywoon nie. FOTO: Marianke Saayman

Kunstige Potchefstromers van oud tot jonk het op Dinsdag 7 November bymekaar gekom om deel te neem aan die Kunsvereniging se jaarlikse groot kunsuitstalling.

Die voorsitter van die eikelaan belangegroep, Lennie Gouws.   FOTO: Marianke Saayman

Die voorsitter van die eikelaan belangegroep, Lennie Gouws. FOTO: Marianke Saayman

Vanjaar se uitstalling het wel uitgestaan bo die vorige jare, aangesien die tema gefokus het op die oorlewing van die historiese eikelaan.

Marnus Botha en Marguerite Boshoff was twee van die beoordelaars en Henro de Beer en Hardus Malherbe het ook hul projek uitgestal.   FOTO: Marianke Saayman

Marnus Botha en Marguerite Boshoff was twee van die beoordelaars en Henro de Beer en Hardus Malherbe het ook hul projek uitgestal. FOTO: Marianke Saayman

Die uitstalling het verskeie wonderlike werke opgelewer, elkeen in ’n ronde formaat (aangesien ’n boom van bo af ’n ronde vorm het). Daar was van professionele kunstenaars tot laerskool kinders wat iets geskep het ter bewusmaking van die eikelaan. Die jongste uitstaller is die agtjarige Anke Bornman van Laerskool Mooirivier.

Anke Bornman (8), jongste uitstaller, by haar kunswerk.   FOTO: Marianke Saayman

Anke Bornman (8), jongste uitstaller, by haar kunswerk. FOTO: Marianke Saayman

Karen Puren van die NWU se tweedejaar stads- en streekbeplanningstudente het ook ’n projek oor die eikelaan gehad en dié projekte is ook by die uitstalling uitgestal. ’n Groep honneurs-studente in joernalistiek het ook ’n projek oor die eikelaan gedoen, waar hulle artikels geskryf het en video’s gemaak het.

Jaco-Mari Futcher, Liezil Huyser en Raynique Meyer is drie van die joernalistiekstudente wat stories oor die eikelaan geskryf het. Die ander groepslede, Anje de Wet en Johané van den Berg, kon nie die geleentheid bywoon nie.   FOTO: Marianke Saayman

Dié stories kan gevind word by: https://potchefstroomeikel.wixsite.com/eikelaning

Henko Lourens en Elrette Geyer geniet die kunswerke.   FOTO: Marianke Saayman

Henko Lourens en Elrette Geyer geniet die kunswerke. FOTO: Marianke Saayman

Chané Mc Nicol, Francois Lombard, Melt Hamman en Rüderick Heuer het na hul vriende se werke kom kyk.   FOTO: Marianke Saayman

Chané Mc Nicol, Francois Lombard, Melt Hamman en Rüderick Heuer het na hul vriende se werke kom kyk. FOTO: Marianke Saayman

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top