Rudi en sy span kry kampioenkroon

Rudi Javcobs en sy wenspan.

So byna het die weer Sondag die laaste sê gehad in die naelbyt-kragmeting tussen van die land se voorste rolbalspelers in die eerste Rudi Jacobs/Gerry Baker kragmeting wat plaaslik beslis is.
Die uiteinde was ‘n oorwinning vir Parys se Rudi Jacobs en sy span met die telbord wat op 114 teenoor 95 in Rudi se guns gestaan het.
Die dag se spel het afgeskop met die driespel wedstryde, en die telbord wat die heel tyd aan die rol was. Aan die einde van die driespelwedstryde het Rudi se span voorgeloop met 100-95. As gevolg van swaar weer kon daar ‘n ruk nie gespeel word nie, maar het die weer later opgeklaar en kon die vierspel wedstryde afgehandel word. Skitter rolbal is gesien. Sondag se kragmeting op die Parys-rolbalklub se bane is die Saterdagaand voorafgegaan deur ‘n gesellige saamkuier waar beide Rudi en Gerry, elk ‘n spreekbeurt gehad het. Na ‘n heerlike aandete het die Johannesburgers verras met lekker voete jeuk-musiek van Jason Evans, een van die spelers wat sy musiekinstrumente uitgehaal het.
Die organiseerders sê dankie aan elkeen wat betrokke was by die naweek se reëlings insluitemd die Parys-rolbalklub en sy bestuur. Sonder elkeen se aandeel sou die naweek nie ‘n sukses kon wees nie.
Dankie ook aan Gerry en sy span. Nuwe vriende is gemaak en het gesorg vir ‘n besondere rolbalnaweek.
* Parysenaars en besoekers aan die dorp kan ook ’n  aantekening in die dagboek maak van die optrede van Ray Dylan by die Parys-rolbalklub op 1 November om 19:00 vir 19:30. Daar is slegs 150 kaartjies beskikbaar teen R100 per kaartjie. Gou spring – kaartjies is beskikbaar by Blockbusters, Triptiek en Plum Tree. Daar sal versnapperinge en ’n  kontantkroeg beskikbaar wees.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top