Ruiters wys hul slag

Die foto is geneem na afloop van die kwalifiserende Rondte 3 vir Vrystaat-kleure in die Western Riding Dissipline wat gehou is op 22 Julie by De Camarillos net buite Parys. Van links is Chante Coetzer op Jacobus (3de plek Dressage, 1ste plek Horsemanship Level 1), Nadia Nunes op Katrein (2de plek Pleasure Horse, 1ste plek Dressage Level 1), Caroline Nunes op Cosmic Zeus (2de plek Pleasure Horse, 2de plek Horsemanship Level 1), Anri Roux op Blue Sky Romeo (1ste plek Pleasure Horse Level 1), Mieke Jansen van Vuuren op Any Dream (1ste plek Trail Riding, 1ste plek Horsemanship Level 0), Liza Dannhauser op Ben (1ste plek Dressage, 1ste plek Trail Riding, 1ste plek Pleasure Horse, 2de plek Horsemanship Level 1), Daneldi van Barneveld op Nicci (2de plek Dressage, 2de plek Pleasure, plasing in Trail Riding, plasing in Horsemanship Level 1), Ranae Lindeque op Atjar (5 eerste plekke vir Dressage, Horsemanship, Trail Pleasure, halterklasse Level 4) en Inge Hamm op Midnight (2de plek Horsemanship, 2de plek Trail Riding Level 0). Chante, Nadia, Caroline en Anri is van Viljoenskroon.

Lynn-Marie Andrin het aan die vierde kwalifiserende rondte van die SANESA Core League in Bloemfontein deelgeneem waar sy ’n tweede plek verower het in Performance Riding, en ’n vierde plek vir Working Riding.

 

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top