’n Tyd om te groet

Estelle Kapp (Marais), regs op die foto saam met Kitta Bothma (voorsitter van VVA) toe daar verlede week van Estelle afskeid geneem is.

“Elke ding in hierdie wereld het sy tyd” en nou is dit tyd vir my om te groet. Dit is vir my swaar om afskeid te neem na byna 10 jaar by VVA (Vrystaat Versorging in Aksie).
Wat ‘n voorreg en groot genade was dit nie om vir byna 10 jaar as koördineerder leiding in die VVA te kon neem. Gedurende hierdie tyd het ek baie, gegroei, baie geleer maar ook baie foute gemaak.
Die grootste geskenk wat ek van VVA en die gemeenskap van Parys ontvang, is die vriendskapsbande wat oor die jare gesmee is, skitterende sterre wat altyd in my lewe sal vonkel. Ek groet almal en mag dit met elkeen goedgaan.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top