…"/>

Wat om die week te kyk in Potchefstroom

Kyk die lokprente van King Arthur: Legend of the Sword, Guardians of the Galaxy Vol 2, Alien: Covenant, Johnny is nie Dood nie, Going in Style, All About Love, Beauty and the Beast en Fast and Furious 8…

Hier is ‘n meer inligting oor wat jy nou in Potchefstroom kan gaan fliek…

King Arthur: Legend of the sword

Na die moord op sy pa, lê jong Arthur se magsbehepte oom, Vortigern, beslag op die kroon, wat eintlik aan Arthur behoort. Arthur word op die harde manier groot in die verlate donker strate van die stad, min wetend dat hy die werklike koning is. Dit is nie tot hy die Excalibur swaard uit die steun uit trek, tot Arthur sy ware roeping, om ‘n koning en magtige leier te wees, omhels nie.

*Met Charlie Hunnam en Jude Law.

Graderings:

IMDB: 7.3/10
Rotten Tomatoes: 28%
Metacritic: 42%

Guardians of the Galaxy Vol 2

Peter Quill en sy mede-Guardians word gehuur deur ‘n magtige alien-ras, die Sovereign, om hul kosbare batterye teen indringers te beskerm. Wanneer hulle uitvind dat Rocket die einste items wat hulle gestuur was om te beskerm, gesteel het, stuur die Sovereign hul armada om wraak te neem. Soos wat die Guardians probeer ontsnap word die misterie van Peter se ouerskap ontblood.

*Met Chris Pratt en Vin Diesel.

Graderings:
IMDB: 8.1/10
Rotten tomatoes: 81%
Metacritic: 67%

Alien: Covenant

Op pad na ‘n afgeleë planeet aan die anderkant van die sterrestelsel, ontdek die lede van ‘n kolonie-ruimtetuig iets wat vir hulle soos ‘n onbekende paradys lyk. Tydens hul besoek ontmoet hulle vir David, die sintetiese oorlewende van die rampsalige Prometheus ekspedisie, wat lelik skeef geloop het. Hierdie geheimsinnige wonderwêreld ontaard vinnig in ‘n donker en gevaarlike planeet wanneer ‘n bloeddorstige alien wesen die span in ‘n dodelike geveg vir oorlewing druk.

*Met Michael Fassbender, Katherine Waterston en Danny Mc Bride.

Graderings:
IMDB: 7/10
Rotten tomatoes: 73%
Metacritic: 67%

Johnny is nie dood nie

In 2002 hou vier vriende ‘n braai op die Sondag na Johannes Kerkorrel se selfmoord. Hulle dink terug oor hul dae as studente in Stellenbosch tydens die tyd van die Voëlvry toer in die laat 80’s. Hulle was jong, drinkende rebelle wat hulself versadig het in die opstandige musiek van Kerkorrel, Koos Kombuis en Bernoldus Niemand. Nou het hulle verander in ontnugtere stadbewoners waar die dood van hul studentevriend Johnny na al hierdie jare steeds ‘n raaisel bly, en by hul almal spook.

*Met Roelanda Marais, Albert Pretorius, Ludwig Binge, Ilana Cilliers en Roelof Storm.

Graderings:
IMDB: 9/10
Channel 24: 5/5
TMDb: 71%

Going in style

Lewenslange vriende Willie, Joe en Albert staan op die punt van aftrede toe hulle uitvind dat hul maatskappy geen pensioen aan hulle gaan uitbetaal nie. Hulle besluit om op hul oudag ‘n kans te vat, en saam met hul desperaatheid om hul uitgawes te betaal en om te sien na hul families, besluit die drie om ‘n opwindende, dog gevaarlike en onwettige avontuur aan te pak, en die bank wat hul pensioenfondse laat verdwyn het, te beroof.

*Met Morgan Freeman, Michael Caine en Alan Arkin.

Graderings:
IMDB: 6.8/10
Rotten tomatoes: 46%
Metacritic: 50%

All about love

All About Love is ‘n liefdesverhaal geskiet in die bruisende stad van Johannesburg. Die fliek verken die interessante, bitter-soet, soms moeilike gebeurtenisse van die hart.

*Met Nomzamo Mbatha, Katlego Danke en Zenande Mfenyana.

Daar is geen graderings vir die fliek beskikbaar nie.

Beauty and the Beast

Die pragtige, slim Belle, ‘n onafhanklike jong vrou, word deur ‘n vreesagtige ondier gevange gehou  in sy kasteel. Ten spyte van haar vrees vir hom, bevriend sy die kasteel se betowerde inwoners en leer om verby die ondier se afskuwelike uiterlike voorkoms te kyk, wat haar toelaat om die goedhartige hart en siel van die prins wat binne die ondier vasgevang is, raak te sien.

*Met Emma Watson, Dan Stevens, Luke Evans en Ian Mc Kellen.

Graderings:
IMDB: 7.7/10
Rotten tomatoes: 71%
Metacritic: 65%

Fast & Furious 8

Met Dom en Letty getroud, Brian en Mia afgetree en die res van die span onthef, het dié driftige span uiteindelik begin om ‘n rustige lewe te beleef. Maar nie vir lank nie, aangesien hulle ‘n onverwagse uitdaging in die gesig staar wanneer ‘n onbekende vrou naamlik Cipher vir Dom dwing om die res van sy spanmaats te verraai. Nou moet die res saam staan om vir Dom, die man wat hulle bymekaar gebring het, terug te bring.

*Met Vin Diesel, Dwayne Johnson, Jason Statham, Michelle Rodriguez en Charlize Theron.

Graderings:
IMDB: 7.2/10
Rotten tomatoes: 67%
Metacritic: 56%

 

Bronne:
Internet Movie Database
YouTube
Ster Kinekor

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top