Lesersbrief: Plaasaanvalle- Ons vra die verkeerde vrae

Stock-imageh-549x537

Brief deur Ina Cilliers, lid van die DA in die Provinsiale Wetgewer.

Suid Afrika het een van die hoogste misdaadsyfers in die wereld. Kriminele geweld het ‘n aaklike uitwerking op Suid Afrikaners se daaglikse lewens. Dit maak naderhand ‘n impak op ons psige en versuur die manier waarop ons na mekaar as lede van een gemeenskap, kyk. Misdaad is oral ‘n probleem, ongeag of jy in ‘n dorp woon, in n groot stad, in ‘n informele nedersetting of op ‘n plaas. Die verskil is egter dat plaasgemeenskappe aan die korste ent trek wanneer dit kom by die uitdeel van openbare hulpbronne.

 

Gemeenskappe in landelike gebiede behoort mos dieselfde basiese menseregte te he as ander burgers? Die behoefte om veilig te voel, om iemand te kan roep vir hulp wanneer gevaar dreig, om te kan staat maak op effektiewe polisiering is iets wat boere en hul werkers en families lankal nie meer ken nie.

 

2015/2016 misdaad syfers dui op 18673 moorde, dis gelykstaande aan 51 moorde per dag, baie van hulle het plaasgevind in landelike gebiede.

 

Wat het dan gebeur? In 2003 het oudpresident Thabo Mbeki die kommandostelsel afgeskaf. Op sy bevel het landelike gemeenskappe hulle wapentuig verloor. Die Kommando stelsel was gesien as beveiliging vir slegs ‘n handvol wit boere. Dit was die eerste in ‘n reeks verkeerde gevolgtrekkings wat gelei het tot verkeerde beleid.

 

Teen 2007 het moorde in landelike gebiede reeds met 25% gestyg. Opportunistiese kriminele het vining agtergekom dat plaasgemeenskappe maklike teikens is, ver van die naaste polisiestasie, en selfs ver van die naaste buurplaas. Van die regering se beloftes om ‘n nuwe soortgelyke kommando stelsel daar te plaas het niks van gekom nie.

 

Die geleidelike opwaartse tendens duur steeds voort soos wat ons ekonomie meer en meer agteruitgaan. Vanaf Januarue 2017 tot nou toe was daar reeds ten minste 70 plaasaanvalle landwyd.

 

Ons benodig dringend ‘n vars benadering. Wanneer dit kom by misdaad bekamping was die doel van die polisie ondersoek nog altyd om ‘n misdoener op te spoor- iemand wat blameer kan word, en om daardie person uiteindelik te straf.

 

Hierdie benadering is kortsigtig en het nog geen beduidende bekamping tot gevolg gehad nie. Intussen is daar vele stemme wat die oorsaak van plaasaanvalle probeer verduidelik, selfs regverdig. Party se plaasgeweld is agv die stadige pas van grondhervorming en mense se frustrasie met ‘n tekort aan landbougrond. Andere beweer die oorsaak is swak behandelik van plaaswerkers wat dan uit woede optree teen hul werkgewers.

 

Vir elke argument is daar sekerlik enkele gevalle van meriete, maar die bevindings van soliede navorsing bewys die teendeel. Slegs 2% van aanvalle word deur werkers van stapel gestuur. Boere en hulle werkers en gesinne is vier keer meer geneig om vermoor te word as die gewone man in die straat/

 

Die DA het al van 2003 af ‘n beroep op die regering gedoen om n spesialis landelike beveiligingseenheid op die been te bring en om die kategorie “plaasmoorde” tot prioritietsmisdaad te verklaar, (net soos moord op SAPS lede) sodat dat akkurate statistiek ingewin kan word en die polisie sowel as die gemeenskap sy sukses al dan nie kan meet.

 

Om dus n uitkoms te bereik waar plaasgemeenskappe in relatiewe veiligheid en vrede kan boer moet daar dus additionele en uitgebreide vrae gevra word:

 

  • Hoe kan ons die boer help om sy plaas met al die mense wat daar woon as ‘n gemeenskap te sien? Lede van dieselfde gemeenskap gee tog om vir mekaar se welstand en n sterk gemeenskap is baie moeiliker om te terroriseer
  • Hoe kan ons tegnologie inspan, nie net vir presisie boerdery nie, maar ook vir landelike beveiliging?
  • Hoe kan ons kleinboere en opkomende boere deel maak van die waardeketting sodat hulle kompeterend kan boer?
  • Hoe kan ons plaaswerkers en kinders van plaaswerkers se toekoms verseker met goeie basiese onderrig en effektiewe tegniese opleiding?

 

Antwoorde op hierdie vrae moet ingespan word saam met beter polisiering en effektiewe veiligheidstrategiee.

 

Elke keer as ‘n boer sy plaas opgee uit noodweer of sterf weens n aanval, verloor die ekonomie R3.5 miljoen rand. Dis ‘n bedryging, nie net vir voedselsekerheid, of biodiversiteit nie maar ook vir die welstand van ons ekonomie.

 

Ons sal baie meer oopkop moet dink oor die kwessie van plaas en landelike misdaad. Dit word baie moeilik om ‘n optimistiese boer te wees, ongeag die kleur van jou vel of jou kommersiele status.

 

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top