Uit my dagboek: Pappa se kind; Manipuleer my maar

aiden op bike

.
Aiden het begin besef dat almal dink hy is vreeslik oulik. Hy gebruik sy blou ogies om uit die moeilikheid te probeer kom. Sy nuuskierigheid kry op die oomblik die oorhand by hom. Hy weet daar is goed in die huis waarmee hy nie mag speel nie, selfs nie aan vat nie. Die muurproppe is ’n voorbeeld van goed waarvoor hy nie eers moet kyk nie. Sy ma se ornamente is nog ’n voorbeeld van goed waarmee hy nie mag speel nie. Hy weet dit en steeds wil hy met alles speel. Dit gebeur nou dat wanneer daar vir die honderdste keer met hom geraas word oor die ornamente waarmee hy wil speel, hy dit baie besorgd aangee vir wie ookal met hom raas. Hy het dan so ‘n onskuldige uitdrukking op sy gesig wat sê ek het hom net vir jou gebring.
“Dadda ta” sê hy so ewe terwyl jy die ornament by hom vat. Dan gaan sit hy en speel verder met sy eie speelgoed. Nou hoe kan mens kwaad raak vir die gesiggie wat dood onskuldig net wil help?
Die eerste keer wat my ouers dit gesien het, het hulle albei uitgebars van die lag. Ek het natuurlik nie gedink dit is snaaks nie. My ma het vir my verduidelik toe ek omtrent so oud soos Aiden was, ek dieselfde manier gehad het om hulle te manipuleer. As my ma met my geraas het, het ek ewe onskuldig geglimlag en vir haar gesê: “Mamma my nie kwaad nie, kyk ek lag jou.”
So hoe kan ek hom nou kwalik neem vir iets wat hy seker by my geërf het?

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldPotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top